Tafelberg soek 30 miljoen stemme

2011-01-21 12:48
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Dertig miljoen stemme. Dít is hoeveel Tafelberg nodig het om as een van die wêreld se sewe nuwe natuurwonders aangewys te word.

Só het Fiona Furey, nuut aangestelde programbestuurder van die New7Wonders-veldtog in Suid-Afrika, Donderdag aan Die Burger gesê.

Afrika se hoop is gevestig op Tafelberg en Kilimandjaro, die enigste twee finaliste uit die vasteland.

Tafelberg ding mee met ander natuurwonders soos die Amasone-woud, die Dooie See, die Galapagos-eilande, die Groot Koraalrif in Australië en die Mal­dives.

“Tafelberg is tans onder die laaste 14 van 28 benoemde natuurwonders.”

Die organiseerders wil nie bekend maak hoeveel stemme Tafelberg reeds het nie.

Furey het Maandag as die projekbestuurder begin en gesê sy het baie planne om mense meer opgewonde te maak oor die veldtog en om hulle aan te spoor om vir Tafelberg te stem.

“Die meeste stemme wat Tafelberg tot dusver gekry het, was uit die buiteland.”

Planne om Tafelberg meer aktief op Facebook en Twitter te bemark, is reeds begin.

Lesers kan op dié twee sosiale netwerke gaan soek vir Tafelberg en so op die hoogte bly van die kompetisie.

“Ons wil later skole betrokke kry en nog ambassadeurs aanstel om meer fokus op die berg te plaas.”

Furey het verder gesê almal wat stem, moet minstens tien vriende aanmoedig om ook te stem.

“Ons kan nog die mylpaal haal, maar mense moet nou begin stem.”

Die New7Wonders-kompetisie is in 2008 begin en die groot dag wanneer die sewe nuwe natuurwonders aangekondig word is op 11 November.

Ondersteuners kan op drie maniere vir Tafelberg stem.

SMS die woord “Tafel” na 34874 om te verseker dat Tafelberg ’n kans het. Stemme kan in vyf tale (Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe en Sotho) gestuur word. Dit kos R2 per SMS;

Besoek die webtuistes www.New7Wonders.com of www.votefortablemountain.com

Volg vote4tablemount op Twitter

Volg die Vote for Table Mountain-bladsy op Facebook.

 

Lees meer oor: tafelberg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.