Tafelberg kry 29 nuwe veldwagters
2011-07-01 08:45
Kaapstad – Vyf-en-twintig nuwe veldwagters sal Vrydag begin om Tafelberg te patrolleer, met nog vier wat op 1 Augustus sal begin, het Eyewitness News berig.
Sanparke het sekuriteit op die berg opgeskerp ná ‘n vlaag aanvalle op en om dié gewilde toeristebestemming.
Dié stap volg slegs ‘n paar dae nadat ‘n jong man, Claudio Massenz, ernstig beseer is toe hy van ‘n ravyn geval het terwyl hy van twee rowers probeer vlug het.
Mark Truss, voorsitter van die Tafelberg-forum, meen dit is van kardinale belang dat sekuriteit op die berg opgeskerp moet word.
– Kliek hier om meer te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter