Tafelberg haal nie voorlopige top-tien

2011-11-07 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Met net vier dae oor moet mense vinnig begin wikkel as hulle wil hê Tafelberg moet as een van die Nuwe Sewe Natuurwonders gekies word.

Dit kom nadat Tafelberg nie gister onder die top-tien voorlopers in die kompetisie aangekondig is nie.

Die stigting van die veldtog van die Nuwe Sewe Natuurwonders het Sondag in ’n verklaring die top-tien voorlopers bekend gemaak.

Sabine Lehman, woordvoerder van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy, het gesê hulle is teleurgesteld dat Tafelberg nie onder die voorlopers is nie, maar dit moet nie mense ontmoedig om te stem nie.

“Mense moet juis nou woeker en vinnig en baie stem!”

Eamonn Fitzgerald, woordvoerder van die stigting, het in ’n verklaring gesê daar is nog baie plek vir verandering en mense moenie hierdie top-tien lys as finaal aanvaar nie.

“Met miljoene stemme wat nog ontvang gaan word, kan finaliste wat nie in die top-tien is nie, dit moontlik nog maak.”

Bernard Weber, president en stigter van die veldtog, het gesê dit is baie interessant dat die Oosterse finaliste die meeste ondersteuning kry.

“Ek weet ook dat dit kan verander in die laaste paar dae voordat die wenners aangekondig word.”

Weber het verlede Donderdag Tafelberg besoek en gesê die berg is nie net ’n natuurwonder in die stad se agterplaas nie, maar ook ’n ontwerp­element van die natuur. Tafelberg is die enigste Suid-Afrikaanse natuurwonder onder die 28 finaliste.

Jean-Pierre de la Fuente, direkteur van dié veldtog, het verlede week gesê Tafelberg het nog baie stemme nodig.

Die eerste telling wat die voorlopige resultate wys, sal Vrydag om 21:07 op www.­new7wonders.com aangekondig word.

Stem deur die woord “table” na 34874 te SMS. Dit kos R2 per SMS. Of stem deur www.­new7wonders.com te besoek.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  tafelberg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.