Tafelberg glo veiliger
2011-04-06 15:28
Kaapstad - Die Wes-Kaap se departement van gemeenskapsveiligheid het Woensdag gesê dat daar geen binnegevegte tussen die rolspelers van die Tafelberg-veiligheidsplan is nie, ten spyte van verskillende mediaberigte.
Die departement glo dat die berg baie veiliger vir stappers en fietsryers geword het sedert die hersiening van die algemene veiligheidsplan in Maart.
Die polisie het ook twee weke gelede ‘n vermeende rower by die berg vasgetrek.
Volgens Melany Kuhn, woordvoerder vir die departement, werk die plan sover baie suksesvol.
Lees meer by Eyewitness News