Tafelberg benodig nog honde
2011-11-03 08:14
Kaapstad – Tafelberg Nasionale Park kort twee waghonde om 'n honde-eenheid wat met misdaadvoorkoming sal help, te voltooi, het Eyewitness News berig.
Die honde-eenheid is ‘n sleutelkomponent van die park se veiligheidsprogram vir besoekers. Die eenheid help met soek- en reddingstogte sowel as die voorkoming van misdaad.
Wanika Tusthoi, die park se woordvoerder, het gesê donasies van die publiek het reeds agt honde geborg, maar die park benodig tien honde.
Sy het gesê die diere bied ‘n diens wat van onskatbare waarde is.
– Eyewitness News
– Volg Nuus24 op Twitter.