Tafelberg Sweefspoor vier 82 jaar
2011-10-04 15:40
Kaapstad – Die Tafelberg Sweefspoor vier Dinsdag (vandag) sy 82ste verjaarsdag.
Op 4 Oktober 1929 het die burgemeester van Kaapstad, AJS Lewis, die amptelike openingseremonie gelei.
Talle veranderinge het sedertdien plaasgevind, met die oprig van die kabelkar, besoeke deur internasionale bekendes en ‘n fokus op die omgewing en volhoubaarheid.
Nietemin het een ding nie verander nie: die Tafelberg Sweefspoor bied steeds effektiewe, vriendelike en goeie diens terwyl mense op en af vervoer word.
In 82 jaar was die sweegspoor ook ongelukvry.
– Kyk hier na ‘n paar ou foto’s
– Lees hier meer oor Tafelberg se geskiedenis
– Volg Nuus24 op Twitter