TNP bied veiligheidsforum aan
2011-06-19 14:41
Kaapstad – Die Tafelberg Nasionale Park sal Sondag sy eerste veiligheidsforum aanbied.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Metropolisie en SanParke sal Tafelberg grondlangs en vanuit die lug patrolleer om veiligheid te verskerp. Die bestuurder van die Tafelberg Nasionale Park, Paddy Gordon, sê die forum is deur die provinsiale minister van veiligheid en sekuriteit voorgestel.
Die forum bestaan uit lede van die publiek en wetstoepassingsagentskappe om die aandag te vestig op die veiligheid op Tafelberg asook die integrasie van die verskillende wetstoepassers.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter