Só kamp jy salig in die Kruger

2010-03-15 11:13
Tweets Share Share line Print

Villiers Steyn

Vir die kans om ’n luiperd langs die Tsendzerivier te sien, moet jy reeds vroeg-vroeg suid van Mopani af op die H1-6-teerpad ry. Stop by die Nshawu-watergate en hou jou oë oop vir olifante en tsessebes (basterhartbeeste).



In die somer het jy ’n kans om die skaars swart vleiloerie by die Nshawudam te sien. Dis my gunsteling-paadjie in die omgewing en is fantasties vir volstruise, skaars bokke soos tsessebes en bastergemsbokke en olifantbulle met reusetande!

Fynkam die vlaktes om die Tihongonyeni-watergat met jou verkyker vir elande en daardie skaars boksoorte. Jy kan ook blouwildebeeste, sebras, kameelperde en rooijakkalse hier verwag.

As jy nie die dag langs Mopani se swembad wil deurbring nie, ry noord op die H1-6-teerpad al die pad tot by Shingwedzi. Wees hier op die uitkyk vir buffels by die Bowkerkop-watergat net noord van Mopani en vir gevlekte hiënas naby die João-watergat by Shingwedzi.

Eet ’n toebie by Shingwedzi en ry dan terug Mopani toe met die S50-grondpad. Soek na njalas naby die Kanniedooddam en verwag koe-does, buffels en olifante op pad terug na Mopani.

Stap die Mopani-wandelpad

Die Mopani-wandelpaadjie binne-in die kamp neem sowat 45 minute om te stap. Dis ’n taamlik maklike stap, maar Oupa en Ouma en die snuiters kan moontlik swaartrek op die klipperige dele. Hier is elke paar treë ’n groen inligtingsbordjie met feite oor paddas, slange, skoenlappers, malaria, seekoeie, watervoëls en die plante hier rond. Die paadjie is duidelik aangedui met geel mopanieblaartjies wat soos vlindervlerkies lyk.



Wees op die uitkyk vir seekoeie, krokodille en visarende langs die Pionierdam en loop maar lig vir spinnerakke op die laaste deel van die roete. Trek ’n langbroek aan vir die lang gras. Die roete begin langs die kafeteria.

Word verras op ’n skemerrit

Die veldgids Hennie Combrink bewys my vooroordele oor Mopani verkeerd. Hy laai my net ná 4 namiddag in Tsendze op en ons gaan nog twee gaste in Mopani oppik. Op pad daarheen sien ons ’n enorme trop buffels wat die H1-6-teerpad tydsaam oorsteek.

Ons ry noord. By Bowkerkop vertel Hennie hoe belangrik die kremetartboom doer op die koppie is: “Verskeie voëlspesies broei in die kremetartboom, van die klein stekelstertjies tot die reuse-bromvoëls.”  Op die S143-Steenbokskeerkringomrit sit ons 45 minute by die Tihongonyeni-watergat. Dis soos 7de Laan, want hier kuier almal saam: Blouwildebeeste, sebras, olifante, elande, tsessebes, vlakvarke en volstruise wei binne ’n radius van 50 meter! Ons sien ook kameelperde en rooijakkalse.



Bo die vlaktes sien ons ’n roofarend, blouvalkie en ’n bruin-jakkalsvoël. Die hoogtepunt is egter ’n blouvleivalk wat laag oor die grasse sweef op soek na knaagdiertjies vir ete.

Koste: ’n Skemerrit kos R140 p.p. en duur ongeveer 3 uur. Gidse laai gaste by Mopani en Tsendze op en af.

Slaap in die Shipandani-skuiling

Shipandani is een van net twee oornagskuilings in die Kruger-wildtuin. Dis kleiner as die Sable by die Phalaborwa-hek, want net ses mense kan hier oornag.

Die skuiling kyk uit oor ’n kuil in die Tsendzerivier. Die hoogtepunt is die seekoeie wat jou wakker nurk as hulle klaar gewei het. Dit raas so aanhoudend ’n hanetreetjie van jou af dat jy nie eens jou skoonpa sal hoor snork nie.



As jy ’n sterk flits het, kyk of jy die skaars en skugter witrug-nagreier op die oorkantste oewer kan opspoor. Die beste tyd om in Shipandani te oornag is in die lente of herfs, want in die drukkende somer gaan die muskiete jou stukkie vir stukkie wegdra en in die middel van die winter word dit snags baie koud.

Langs die skuiling is ’n omheinde braaiplekkie en ’n toilet.

Koste: R325 vir die eerste twee mense en R160 per ekstra persoon (maksimum 6). Jy kan vooraf by Sanparke bespreek. Die skuiling kan slegs vir een nag bespreek word.

Hoe werk dit?

Jy ontvang die sleutels, beddegoed en ’n gaslamp by Mopani se ontvangskantoor.

Bring jou eie kos, water en hout. Jy mag ’n halfuur voor hektoemaaktyd by die skuiling aankom en moet ’n halfuur ná hekoopmaaktyd uit wees.

- Kliek hier vir nog inligting oor die Mopani-kampplek

- Weg!


Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.