Skotland kry dalk 'toeriste-belasting'
2011-12-09 22:02
Kaapstad – Besoekers wat in Edinburg, Skotland, oorslaap kan deur ekstra onkoste in die gesig gestaar word, met gesprekke wat aan die gang is om te bepaal of ‘n “toeriste-belasting” ingestel moet word.
Edinburg se stadsraad sal hierdie week vergader om te bespreek of ‘n toeriste-belasting ingestel moet word as deel van ‘n plan om inkomste te genereer.
Dit sal behels dat mense wat oornag bly tussen £1 en £2 per aand sal moet betaal, bo en behalwe akkommodasie-koste.
Die stadsraad is gelukkig met die idee, wat tussen £5 miljoen en £10 miljoen elke jaar kan inbring.
Hulle glo ook nie dat dit ‘n effek sal hê op toerisme nie, aangesien mense reeds gewillig is om tot £50 of £60 ‘n aand vir ‘n hotelkamer te betaal.
Hoteliers, aan die ander kant, is teen die instelling van die belastings, aangesien hulle glo dit sal Skotland benadeel in vergelyking met die res van die Verenigde Koninkryk en Europa.
– Lees meer by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter