Ski-vakansie: wat om te pak en wat om te los

2011-02-16 11:43
Tweets Share Share line Print

Daar is niks soos ‘n ski-vakansie om jou eg-Europees te laat voel nie.

Die aanlyn ski-vakansie-spesialiste Directski.com het ‘n lys saamgestel van wat om te pak en wat om eerder by die huis te los as jy jou ski-vakansie beplan.

Pak:

iPods, iPads en enigiets Apple
Hulle is klein, draagbaar en almal het een.

‘n Apple iPod is die perfekte toestel vir ‘n ski-vakansie. Dit is soos ‘n getroue vriend en vergesel jou van op die vliegtuig tot af by die ski-hellings.

Sonskerm en sonbrille
Dit is noodsaaklik om die son wat teen die helder wit sneeu reflekteer te blok, veral as jy wil voorkom dat jy soos ‘n panda lyk as jy met sonbril-sonbrand op eindig.

Directski.com
beveel aan dat jy goeie kwaliteit ski-sonbrille gebruik om die son uit te blok.

Kamera (met ekstra batterye en ‘n battery-laaier)
Sit die kamera op die nag-verstelling om die beste kwaliteit foto’s te verseker.

Dra ‘n ekstra stel battery op ‘n warm plek, aangesien die koue die batterye soms negatief kan affekteer.

Baie lae klere
‘n Ski-vakansie sal nie ‘n ski-vakansie wees sonder warm klere, en baie daarvan, wees nie.

Pak ekstra broeke, stywe rekbroeke om onder broeke te dra, t-hemde en vliesstof-baadjies – sneeu is baie koud.

Dra eerder lae as dik klere.

Ekstra sokkies
Dit is so belangrik dat dit sy eie kategorie kry.

Pak baie sokkies en nie sommer enige sokkies nie, ski-sokkies.

Hierdie sokkies sal opgestopte dele hê met ‘n ‘L’ en ‘R’ as dit die regte tipe is.

Ouma se gebreide sokkies is nie ‘n opsie nie.

Los dié by die huis:

Sneeuskaatse

Moet hulle nie deur lughawens probeer sleep of die wat jy by jou oom geërf het probeer spoeg en plak nie.

Sneeuskaatse is goedkoop om te huur en spaar jou baie moeite en tyd.

“Alles-in-een”-skipak
Hulle is uit die mode en al kom dit weer terug in die mode, sal dit steeds uit die mode wees.

Baie klere

In teenstelling met wat vroeër gesê is, pak lig. Vergeet swaar truie.

‘n Goeie skiër sal ruik asof hy sy laaste skoon hemp twee dae terug gedra het.

Haardroërs en haarstrykers

Elke dag is ‘n slegte haardag by ‘n ski-oord – dra ‘n hoed.

Lees meer by Directski.com
 

Lees meer oor: reis  |  ski

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.