Ski-oorde honger vir sneeu
2011-11-29 11:09
Kaapstad - Val d'Isère in die Tarentaise-vallei in die die suidooste van Frankryk het die afgelope naweek sy hysstoele aan die gang gesit om die begin van die Europese Ski-seisoen aan te kondig.
Nietemin, ná die warmste en droogste herfs in die Alpe in 147 jaar, is meeste ski-oorde steeds groen, met geen teken van sneeu op die horison nie.
Dit is nog te vroeg om te bespiegel oor die mismoedige vooruitsig van ‘n moontlike groen Kersfees en Nuwejaar, maar vir diegene wat ‘n ski-vakansie beplan, sal dit dalk ‘n beter opsie wees om na oorde te kyk wat hoër geleë is.
– Lees meer by die Telegraph
– Volg Nuus24 op Twitter