Selfoonprogram vertaal vir reisigers
2011-10-04 11:03
Kaapstad - Lonely Planet het ‘n nuwe selfoonprogram bekendgestel wat reisigers help om maklik in lande waar vreemde tale gepraat word oor die weg te kom.
Die Lonely Planet Offline Translator is ‘n spraak- en teks-vertaler wat op beide Apple (iOS) en Android-selfone gebruik kan word.
Dit is baie eenvoudig: jy praat en die program vertaal.
Neem jou stem op (of tik die sin) en jy word voorsien van ‘n klank- en teks-vertaling.
Die beste is: dit kos jou niks nie.
Dié program maak dit makliker om dag tot dag take te verrig in ‘n land waar jy glad nie die taal kan praat of verstaan nie en dit is ‘n wonderlike manier om met die plaaslike mense verhoudings op te bou.
Nog ‘n voordeel is dat jy van Engels na ‘n ander taal kan vertaal en andersom ook. Dit is veral handig as jy wil verstaan wat iemand vir jou ook wil sê en dit laat jou toe om ‘n gesprek met iemand te voer.
Die program is tans beskikbaar in Spaans, Frans, Duits, Japanees, Chinees, Koreaans, Irakkese Arabies en Tagalog, met meer tale wat nog beskikbaar gestel sal word.
– Kliek hier vir meer besonderhede
– Volg Nuus24 op Twitter