'Selfmoord-toerisme' kry groenlig in Switserland
2011-05-16 18:57
Switserland - Die konserwatiewe Federal Democratic Union-party in Switserland wou ‘n beperking plaas op wie na die land mag reis om bystandselfmoord te pleeg, maar die Switsers het gestem dat die deur moet oopbly vir buitelanders.
Die resultate van ‘n referendum het daarop gedui dat slegs 20% van Switserse inwoners buitelanders wou verban om na hul land te reis vir die sogenaamde “selfmoord-toerisme”.
‘n Tweede stem, wat voorgestel het dat bystandselfmoord heeltemal verban word, is slegs deur 13% van die kiesers ondersteun.
Die stemme sal as ‘n skok kom vir die party, wat geglo het hulle het ‘n “regte kans” om ‘n einde aan die praktyk te bring.
- Breaking Travel News