Sekuriteit op Tafelberg opgeskerp
2011-04-07 09:42
Johannesburg – Sekuriteit by die Tafelberg Nasionale Park gaan opgeskerp word, het SANParke Woensdag gesê.
“SANParke wil ‘n merkwaardige impak lewer in die afname van misdaad op Tafelberg,” het die uitvoerende hoof, David Mabunda, gesê.
Gevolglik sal die hoeveelheid veldwagte wat die berg patrolleer met 50 toeneem.
Die veldwagte sal tot op dieselfde vlak opgelei word as dié in die Kruger Nasionale Park en sal verantwoordelik wees vir veiligheid, redding en rampbestuur op Tafelberg.
“...Ons wil hê beide ons plaaslike en internasionale besoekers moet die Park geheel en al geniet, sonder enige vrees,” het Mbunda gesê.
Daar sal ook meer honde gebruik word vir sekuriteitsdoeleindes.
Verder sal die park sy verhouding met die SAPD, die metropolisie en ander betrokkenes behou, ten spyte van die toename in interne sekuriteitsmaatstawwe.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA