SAB maak drie spesiale biere vir Oktoberfest
2011-09-29 09:10
Kaapstad – Die jaarlikse Oktoberfest in München is al vir meer as 200 jaar ‘n kenmerkende deel van Beierse kultuur en het gegroei om die wêreld se grootste fees te word.
In Kaapstad loop die bierkoors hoog en die komende naweek kan bierliefhebbers en enigeen wat daarvan hou om fees te vier by die Village Green, Nuweland-brouery, saamkom om Oktoberfest te vier.
“Oktober Bierfest is ‘n nabootsing van tradisionele Beierse bierfeeste,” sê Andrew Douglas, direkteur van The Entertainment Group (TEG), die organiseerders van die fees.
“Sale sal op tradisionele wyses opgemaak en versier word en gaste sal ‘n verskeidenheid van Beierse disse kan geniet wat voorberei word deur voorste plaaslike kenners van Duitse kos.
“Gaste sal deur ‘Fraulein’ bedien word terwyl die klanke van ‘Oompah’-musiekgroepe hulle sal vermaak.”
Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) sal die smaak van Duitsland na die fees bring en maak drie biere spesifiek vir die fees.
“Vir die eerste keer ooit kan Suid-Afrikaners Royal Bavaria Oktoberfest Bier, King Ludwig’s Munich Dunkel en Protea Edelweiss Krystal Weiss geniet,” het Diarmaid De Burca, die algemene bestuurder van die Nuweland-brouery, SAB se vlagskip-brouery, gesê.
– Besoek die webwerf hier
– Cape Town Magazine
– Volg Nuus24 op Twitter