SAA vlieg binnekort direk na China
2011-12-13 14:46
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) sal vanaf Januarie 2012 direk na Beijing, China vlieg, het die lugredery Dinsdag gesê.
“Die nuwe roete is deel van SAA se plan om sy netwerk na Asië te uit te brei,” het Siza Mzimela, SAA se uitvoerende direkteur, in ‘n verklaring gesê.
Mzimela het gesê daar sal drie SAA-terminale by Beijing se internasionale lughawe wees en vlugte sal drie keer per week beskikbaar wees.
‘n Vlug vanaf Suid-Afrika na China sal sowat 15 ure neem.
“Deur die vlugte bekend te stel, sal toerisme nie net na Suid-Afrika nie, maar na alle lande in Suider-Afrika bevorder word,” het Mzimela gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA