SAA beboet oor vals advertering

2011-10-28 10:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) is met $55 000 (R435 000) beboet deur die Amerikaanse departement van vervoer (DOT) nadat hulle lugvaartwette en die departement se reëls oor “misleidende prys”-advertensies oortree het.

Destination Southern Africa, wat vlugpakkette vir die lugredery, sowel as sy eie toere bemark, is ook ‘n boete van $20,000 (R159 000) opgelê.

Hierdie boetes volg nadat Lion World Travel in September 2010 met $20 000 (R159 000) beboet is nadat hulle die departement se reël oor volprys-advertensies oortree het.

Lion World Travel bemark ook toere vir SAA.

“Wanneer passasiers ‘n vliegkaartjie of ‘n toer wil bespreek het hulle die reg om te weet wat die volle prys is wat hulle gaan moet betaal,” het Ray LaHood, die VSA se sekretaris van vervoer, gesê.

“Ons verwag van lugrederye en kaartjie-agente om hul passasiers regverdig te behandel en ons sal aksie neem as hulle ons reëls rakende die advertering van pryse oortree.”

‘n Ondersoek het getoon dat advertensies op beide maatskappye se webwerwe nie regeringsbelasting en fooie genoem het wat bykomend tot die geadverteerde prys betaal moet word nie.

– Lees verder by Tourism Update

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lees meer oor: saa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.