SA kry meer Indiese toeriste
2012-02-01 10:11
Johannesburg – Die aantal Indiese toeriste wat na Suid-Afrika reis het met meer as 122% tussen 2005 en 2010 gestyg, het Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, gesê.
“Suid-Afrika hou aan om Indiese toeriste in groot hoeveelhede te lok, met 67 039 Indiese toeriste wat tussen Januarie en September 2011 na Suid-Afrika gereis het,” het hy in ‘n verklaring gesê. Hy was op ‘n twee dae lange besoek aan Indië.
Volgens Van Schalkwyk is dit 29% meer as oor dieselfde tydperk in 2010.
Indië is tans die sewende grootste mark vir Suid-Afrikaanse toerisme.
Die toerisme word ‘n hupstoot gegee deur South African Airways wat vier keer ‘n week tussen Indië en Suid-Afrika vlieg en Indië se Jet Airways wat weekliks vyf vlugte het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA