SA het nou 27 skoon strande

2010-10-29 07:15
Tweets Share Share line Print

Mosselbaai – Tien jaar nadat Suid-Afrika die eerste land buite Europa geword het wat aan die Blou Vlag-projek begin deelneem het, kan hy nou met 27 geakkrediteerde strande spog.

Blou Vlag-status is ’n internasionaal erkende simbool van skoon en veilige swemstrande.

Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, het gister by ’n geleentheid in Mosselbaai gesê die getal buitelandse besoekers aan Suid-Afrika het in die eerste sewe maande van vanjaar met sowat 18% tot sowat 4,5 miljoen toegeneem, vergeleke met die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

Met die somervakansie wat op hande is, is Van Schalkwyk vol vertroue dat Suid-Afrika vanjaar ’n baie goeie toerismejaar gaan beleef.

“Ek het nog altyd geglo toeriste stem met hul voete en te oordeel aan die jongste syfers kry ons land ’n oorweldigende mosie van vertroue van besoekers,” het hy gesê.

Drie nuwe strande word vanjaar tot die Blou Vlag-projek toegelaat, het Alison Kelly, nasionale koördineerder van die projek, gesê. Dié strande is Witsand in die Suid-Kaap en Umzumbe en Lucienstrand naby Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

By Lucienstrand het die plaaslike owerheid besoedelingsprobleme gepak weens stormwater wat in die see uitloop om Blou Vlag-status terug te kry.

Daar is nog geen teken dat Durban weer tot die projek sal toetree nie nadat die stad hom twee jaar gelede op omstrede wyse daaraan onttrek het.

Volgens Kelly is skade aan infrastruktuur by strande soos wat tydens storms aan die Suid-Kaapse en KwaZulu-Natalse kus aangerig is, asook skade wat met stygende watervlakke weens klimaatsverandering verband hou, ’n voortdurende uitdaging.

Die volhoubaarheid van strande se Blou Vlag-status kan in die toekoms ook bedreig word deur swak bestuur van rioolafval en stormwater in opvangsgebiede, het Kelly gesê.

Watergehalte in riviere en vleilande is volgens haar drasties aan die verswak. 

Lees meer oor: toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.