SA bied Oujaarspartytjies te kus en keur
2009-12-29 20:58
Kaapstad - Glo dit of nie, dis alweer sulke tyd.
Die eerste dekade van die nuwe millenium is amper op 'n einde en die wêreld staan aan die vooraand van die jaar 2010.
Dis tyd om nog een laaste groot makietie vir dié jaar te probeer inwerk, en met Suid-Afrika se lys Oujaarspartytjies, kan dit amper nie anders nie.
Kaapstad
Die kabelkarre teen Tafelberg maak spesiaal eers om 01:00 op 1 Januarie toe.
Families, verliefdes en enigiemand anders wat die Oujaar met 'n beeldskone sonsondergang en glas sjampanje oor die Atlantiese Oseaan wil groet, sal dié geleentheid geniet.
Johannesburg
Die bekende H2O-elektroniese musiekfees sal die Goudstad oor volmaan aan die brand speel vanaf Wild Waters, Boksburg. Wees gereed vir pompende musiek, fantastiese laserbeligting, vuurdansers en vet pret.
Durban
Ballito naby Durban is vanjaar weer die gasheer vir 5FM se Oujaarsaand-straatpartytjie.
Dié geleentheid het in 2008 meer as 10 000 mense gelok en spog vanjaar met 200m se kroegtoonbankspasie, ses dansvloere en twee hoofverhoë.
As jy nou nog nie weet waar jy op 31 Desember 2009 gaan wees nie, klik hier.
- GoTravel24.com