SA word leier in 'groen' toerisme
2011-12-06 14:16
Kaapstad – Suid-Afrika se toerismebedryf wil sy grootste bate – die natuur – bewaar en terselfdertyd klimaatverandering probeer beveg.
Fair Trade in Tourism South Africa (FTTSA) het ‘n groen-graderingstelsel vir die toerismebedryf ontwikkel wat toeriste-akkommodasie, aktiwiteite en aantreklikhede in Suid-Afrika meet teen standaard-omgewingskriteria.
Dit neem ook arbeidspraktyke, sosio-ekonomiese- en bestuurspraktyke in ag.
Toeriste sal ook toerpakkette kan bespreek wat ‘n minimale koolstof-voetspoor het.
“Ons hoop dat die model internasionaal aangeneem sal word,” sê Lisa Scriven, FTTSA se sertifisering-bestuurder, wat gehelp het om die konsep te ontwikkel.
Die groen-graderingstelsel bevorder verantwoordelike toerisme, insluitende omgewingsbestuur, lae energie- en waterverbruik, herwinning en groen bou-ontwerpe en konstruksie.
Dit sluit ook in die minimale gebruik van chemikalieë, sowel as ‘n fokus op biodiversiteit en tuine.
– Kliek hier om meer te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter