Ry kabelkar teen afslag
2011-09-06 14:14
Kaapstad – Met lente wat aangebreek het en die dae wat al hoe langer word bied die Tafelberg-sweefspoor verskeie aanbiedinge aan besoekers na Kaapstad.
Koop jou kaartjie aanlyn en jy spring nie net die lang kaartjietou vry nie, maar kry ook afslag op jou kaartjie.
Vir gereelde besoekers aan dié landmerk is die Cable Card ‘n nuwe opsie. Met dié kaart, wat tussen R245 en R580 kos, afhangende van jou pakket, kry entoesiaste gratis toegang tot die sweefspoor en hope ander voordele vir ‘n jaar.
Vir die kinders is daar die Kidz Season-aanbod, waar twee kinders gratis op die sweefspoor kan ry as hulle saam met ‘n volwassene opgaan wat ‘n twee-rigting kaartjie by die onderste sweefspoorstasie gekoop het.
Moet ook nie vergeet om jou stem vir Tafelberg te gee om te verseker dat dit gekies word as een van die sewe nuwe natuurwonders van die wêreld nie.
Om vir Tafelberg te stem, besoek www.votefortablemountain.com of SMS die woord Table na 34874.
SMS’e kos R2 elk en meer as een SMS is toelaatbaar.
Jy kan ook op MXit stem.
– Volg Nuus24 op Twitter