Ry deur Meiringspoort

2011-01-26 09:27
Tweets Share Share line Print

Klaarstroom is in die Groot Karoo by die noordelike ingang na Meiringspoort, met De Rust aan die Klein-Karoo se kant.

Klaarstroom is ’n rustige plekkie. Hier’s net een gastehuis, een winkel en een worshond, wat ek gou ontmoet. Gaan sit gerus teen sononder op die rantjie direk agter die dorp en kyk hoe die son na die suide toe minder raak teen die Swartberg.

Nou is dit egter vroegoggend en met my gastehuisontbyt in die maag ry ek Meiringspoort toe. By die N12, met die Poort-Pourri- snuisterywinkel aan die linkerkant, druk ek die odometer op 0,0.



Meiringspoort is ’n korterige poort, want ná skaars 23 km is jy al op De Rust. Maar jy kan ’n dag in dié kloof deurbring. En jy móét dit van al twee kante af ry, want party van die mooiste stopplekke is net aan die een kant van die pad.

Die N12
is ’n hoofslagaar, eintlik meer ’n dunderm, want sonder die N12 het die Groot-Karoo se verkeer nêrens om heen te dreineer nie.

Gou gewaar ek die Grootrivier regs van my. By Eerste Drif trek ek af op ’n platgemaakte hoop sand en klip. Hier was duidelik onlangs weer ’n vloed deur, want 3 m teen die kransie op sien jy opdrifsels.

Ek kyk na spore in die sand. Een stel het naels – dalk ’n kommetjiegatmuishond wat hier kom snuffel het vir krappe. ’n Ander het geen naels nie en is groter – dalk ’n groototter.

Daar’s ook mensspore, vrouetekkies, dalk ’n netbalspeler op wintertoer.

Die spoelklippe, in elke denkbare kleur en tekstuur, kom van ver af, van oral in die Karoo. Dis ’n klipbiblioteek.

Vir die volledige storie en nuttige inligting oor Meiringspoort, besoek: Weg! se webblad.
 

Lees meer oor: karoo  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.