Robbeneiland 'n 'klad op SA toerismebedryf'
2012-01-13 09:48
Kaapstad – Al hoe meer besoekers maak deesdae volgens Alan Winde, Wes-Kaapse minister van toerisme, in dié provinsie 'n draai, berig iol.
“Voorlopige statistiek toon dat 'n totaal van 4,21 miljoen passassiers in 2011 by die Kaapstadse Internasionale Lughawe geland het.
“Dit is 4,16% hoër as wat bereik is in 2010, die jaar wat ons gasheer was vir die Fifa-wêreldbeker,” het hy gesê.
Daar was ook 'n skerp toename in die aantal besoeke aan Kaappunt, die Kirstenbosch-tuine, Boulders-strand en die Tafelberg-sweefspoor in die feesseisoen.
Meer mense het die Overberg-streek buite Kaapstad besoek, met veral die De Hoop-natuurreservaat en die dorpie Arniston wat gewilde bestemmings was.
Minder mense het egter volgens Winde Robbeneiland besoek, met 7,5% minder besoekers as in Desember 2010.
“Dié wêrelderfenisgebied ly steeds onder swak diens, personeel met 'n swak werksetiek en slegte infrastruktuur," het hy gesê.
“Pleks van om 'n ikoon te wees in ons provinsie en land, is Robbeneiland 'n klad op die naam van ons toerismebedryf.”
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.