Reuse-toerismesentrum vir PMB beplan
2011-10-19 14:53
Pietermaritzburg – KwaZulu-Natal se provinsiale hoofstad Pietermaritzburg gaan ‘n multi-miljoen rand opknapping ondergaan wanneer ‘n top toeriste-aantreklikheid in die stad se Freedom-plein gebou gaan word.
Dit sal ‘n meerdoelige area wees, met toerisme-verwante besighede, langafstand bus- en taxi-staanplekke, ‘n biblioteek en ‘n vredestuin.
Die idee is om duisende besoekers en toeriste te lok.
Werk aan die R21 miljoen projek het reeds begin en dit sal na beraming in Augustus volgende jaar voltooi wees.
“Ons wil duisende toeriste hierheen lok en hierdie nuwe sentrum sal ‘n plek wees waar hulle inligting oor die stad kan bekom,” het Chris Ndlela, die stad se burgemeester, gesê.
Hy het bygevoeg dat dit tot baie werkskepping sal lei en sodra dit voltooi is, sal meer as 150 nuwe permanente posisies in die toerismebedryf geskep word.
– Lees die volledige berig by The New Age
– Volg Nuus24 op Twitter