Reuse-krokodil sal toeriste lok
2011-09-09 11:08
Kaapstad – Die jagtog na ‘n krokodil wat ‘n waterbuffel in ‘n klein Filippynse dorpie gevreet het is verby en nou hoop die plaaslike inwoners dat dié reptiel ‘n gewilde toeriste-aantreklikheid sal word.
Die krokodil, genaamd Lolong, is vernoem na ‘n wild-kenner wat tydens die twee week lange soektog na die krokodil aan ‘n beroerte gesterf het.
Lolong sal nou aangehou word in ‘n hok wat in Barangay Consuelo in Bunawan, Agusan del Sur, gebou word.
Die manlike 20-voet lange soutwater-krokodil weeg net oor ‘n ton en is moontlik die grootse krokodil wat nog ooit gevang is, het The Philippine Star berig.
Inwoners van die gebied hoop dat hy dit tot in die Guinness World Records-boek sal maak.
Die titel vir die grootste krokodil in aanhouding word tans gehou deur ‘n 5,48 meter krokodil, Cassius, wat in Australië gevang is.
– Huffington Post
– Volg Nuus24 op Twitter