Reiswaarskuwing: Dele van Kenia moet vermy word
2011-10-03 12:02
Londen – Brittanje se kantoor van buitelandse sake (FCO) het sy reiswaarskuwing aan Britse toeriste wat Kenia wil besoek opgeskerp ná twee onlangse aanvalle op Westerlinge wat by strandoorde gebly het.
Die FCO waarsku reisigers om die omgewing 150 km (voorheen 60 km) van die grens tussen Somalië en Kenia slegs te besoek indien dit noodsaaklik is.
‘n Bejaarde, gestremde Franse vrou is Saterdag by haar vakansiehuis op die vakansieoord Manda aangeval en na Somalië geneem.
Dít volg nadat ‘n Britse paartjie verlede maand by ‘n luukse oord, verder noord in Kiwayu, aangeval is. Die man is doodgeskiet en sy vrou is ontvoer.
“Ons stel voor dat mense vermy om binne 150 km (voorheen 60 km) van die grens tussen Kenia en Somalië te reis, behalwe as dit noodsaaklik is. Dit sluit in die kusstrook noord van Pate-eiland in die rigting van Somaliese waters,” het die FCO gesê.
– Breaking Travel News
– Volg Nuus24 op Twitter