Reis met Twitter

2010-01-18 12:38
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die groot voordeel van Twitter is die spoed waarteen inligting versprei word.

Die dae wat jy moes wag dat vertragings by lughawens in 'n persvrystelling verpak en na radiostasies gestuur word (in die hoop dat jy luister), is verby.

So ook die tyd van winskopies wat in nuusbriewe en per slakkepos aangekondig word.

Die era van blitsvinnige kommunikasie is hier, en verskaf die reisiger met uitmuntende gereedskap – maak nie saak of jy iets wil bespreek, besig is om te reis of net nuuskierig is nie.

In Suid-Afrika is Twitter se gewildheid deels te danke aan hoe maklik dit is om op jou selfoon te gebruik. Dit is tans die negende mees gewilde webwerf in die land, en ons is die 13de grootste tweeters in die wêreld (ons maak 1.4% van alle wêreldwye gebruikers op).

Jip, dit lyk of ons aanhangers van blitsvinnige kommunikasie word. So, hoe kan ons dit tot ons voordeel gebruik?

Kry die beste aanbod soos dit bekend gemaak word

Die dae van soek vir reispakette in die koerant is verby. Jy weet hoe dit gaan – 'n paar vlugte word goedkoop verkoop, en teen die tyd wat jy daar uitkom is alles verkoop.

Met e-pos nuusbriewe is die probleem dieselfde, aangesien dit tyd vat om uitgestuur te word.

Met Twitter is dit glad nie die geval nie. Jy kan 'n lugredery 'volg' en boodskappe oor spesiale aanbiedinge deur Emirates, British Airway of Air France ontvang, op presies dieselfde tyd wat ander belangstellendes dit ontvang.



Die enigste rede waarom jy nié die beste prys sou kry nie, sou wees omdat as jy te stadig reageer het.

Party lugrederye sal jou ook op hoogte hou met praktiese inligting, tegnologiese vordering en nuwe opsies wat jy dalk aanlyn het, en selfs meer. Enigiets wat die lugredery dink is relevant sal op sy Twitter-profiel verskyn, soos byvoorbeeld hierdie deur Virgin Atlantic:



Vars nuus, nou

Dit is altyd goed om op datum te wees met inligting. As jy probeer het om van Pretoria af na OR Tambo-lughawe te ry op 21 of 22 Desember, sou jy dalk hierdie tweet deur SAFM-nuus wou gesien het:



As jy dalk op pad was na Heathrow in Engeland, en jy moes 'n ondergrondse trein vang om daar uit te kom, sou jy hierdie tweet ook waardeer het:



As jy reeds by jou bestemming aangekom het, kan jy selfs verkeer, weer en ander toeriste-inligting op Twitter bekom deur net 'n paar eenvoudige soektogte uit te voer:





Kry onmiddelik jou inligting

Vertragings mag dalk nog steeds in jou pad staan, maar jy kan vinnig van hulle weet as jy Twitter reg gebruik. Volg enige boodskappe wat iets met jou vlug te doen het – lughawens, lugrederye, ens.

Die weer in Europa het byvoorbeeld onlangs verskriklike vertragings tot gevolg gehad. Heathrow het die volgende 'getweet' om almal te waarsku:



Om met jou lugredery te kommunikeer is ook 'n belangrike deel van die Twitter-ervaring. Ek het persoonlik al inligting van lugrederye ontvang. Hier's hoe jy dit doen:



Hierdie nuwe boodskappe en vrae het die voordeel dat dit onmiddelik deur die lugredery/lughawe gesien word, en die gebruiker wat die boodskap stuur word dikwels onmiddelik geantwoord, of dit nou in die publiek is of deur 'n private, direkte boodskap.

Waarskuwings kan ook vinnig versprei word deur diegene wat in beheer is, soos British Airways gemaak het gedurende die koue en sneeuerige weer in die Verenigde Koninkryk:



Soos hier bo geïllustreer, sluit hierdie soort boodskappe dikwels skakels in wat lesers na meer inligting, soos byvoorbeeld oor hoe om vlugte te herskeduleer, verwys.

So, sluit gerus by die klub met die varste nuusbrokkies en inligting aan, of jy sal gou agtergelaat word in die pre-Twitter era, waar ou, stadige maniere van kommunikeer verseker dat almal behalwe jy die beste winskopies sal kry.

Besoek GoTravel vir nog reis stories en billike reispakette.

Nuus24 is ook op Twitter beskikbaar. Kliek hier vir meer inligting.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: twitter  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.