Rande sal inrol vir Tafelberg, meen agentskappe
2011-11-15 12:52
Kaapstad – Verskeie toerisme-agentskappe in Kaapstad het die afgelope naweek se aankondiging dat Tafelberg as een van die wêreld se sewe nuwe natuurwonders aangewys is, hartlik verwelkom.
Mariëtte du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, het gesê met dié benoeming kan Tafelberg, Kaapstad en Suid-Afrika heelwat internasionale aandag verwag.
“Die nuwe sewe mensegemaakte wonders het deel geword van skole oor die wêreld heen se kurrikulums. As dieselfde gebeur met die sewe natuurwonders, kan kinders van oral in die wêreld van Tafelberg, Kaapstad en Suid-Afrika as ‘n bestemming leer.
“Ons is baie, baie opgewonde oor hierdie oorwinning. Kaapstad en Suid-Afrika staan trots nadat Kaapstad slegs ‘n paar weke gelede aangewys is as die ontwerp-hoofstad vir 2014 en nou is Tafelberg as een van die sewe nuwe natuurwonders aangewys.
“Daar is so baie voordele, maar ons grootste geleentheid is die potensiaal van werkskepping,” het Du Toit-Helmbold gesê.
“Met die verwagte toename in reisigers na Suid-Afrika, en veral na Kaapstad, gaan daar toenemend meer geleenthede vir entrepreneurs geskep word.”
– Lees verder by The New Age
– Volg Nuus24 op Twitter