Rande sal inrol as Tafelberg een van sewe wonders word

2011-05-26 08:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Minstens R1,4 miljard kan Suid-Afrika se toerismebedryf elke jaar binnestroom indien Tafelberg as een van die nuwe sewe natuurwonders van die wêreld gekroon word.

Navorsing wat die plaaslike kantoor van Grant Thornton-ouditeurs gedoen het, het dié bedrag getoon, maar soortgelyke studies elders in die wêreld het getoon die impak kan selfs groter wees.

Altesaam 28 natuurwonders reg oor die wêreld ding mee om uiteindelik voordeel uit die internasionale blootstelling te trek.

Tafelberg is die enigste finalis van Suid-Afrika, en is saam met berg Kilimandjaro in Tanzanië die enigste twee Afrika-wonders in die top-28.

Die geld rol reeds in by die veldtog se internasionale hoofkantoor in Switserland, waar nou al voorberei word om die uitslae van die kompetisie in November aan te kondig.

Suid-Afrikaners dra met elke SMS-stem ook tot dié spaarvarkie by. Die SMS-stemme kos R2 elk, en dit word tussen selfoondiensverskaffers en die hooforganiseerders verdeel.

Fiona Furey, plaaslike projekbestuurder van die New7Wonders-veldtog, het verduidelik dat die stemmetode in elke land aanvaarbaar moet wees.

“Ons het dit in ’n stadium oorweeg om mense deur MXit te laat stem, maar as ons dit wil regkry, moet mense in alle ander lande dit ook doen,” het sy gesê.

Die geld sal na verwagting uiteindelik gebruik word om inligtingsentrums by elkeen van die sewe natuurwonders in te rig. Die gedagte is dat mense wat een van die bestemmings besoek terselfdertyd meer oor die ander ses te wete sal kom.

Al die navorsing en die veldtog self is geskoei op ’n soortgelyke veldtog in 2007 wat die sewe nuwe mensgemaakte wonders van die wêreld aangewys het.

Die Taj Mahal in Indië, die Christus-beeld in Rio de Janeiro en China se Groot Muur was onder die wenners van dié veldtog.

Volgens Furey geniet dié sewe wonders steeds beduidende blootstelling.

“Daardie lys van sewe wonders het internasionaal selfs deel van kinders se skoolwerk geword. Dink net hoe lekker dit sal wees as die hele wêreld se kinders oor Tafelberg leer!”

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: tafelberg  |  kaapstad  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.