Qantas weer op dreef

2011-10-31 09:00
Tweets Share Share line Print

Canberra, Australië – Australië se lugveiligheidsagentskap het Qantas toestemming gegee om Maandag weer met vlugte te begin nadat die wêreld se 10de grootste lugredery al sy vlugte opgeskort het as gevolg van ‘n arbeidsdispuut. 

Peter Gibson, woordvoerder van die Civil Aviation Safety Authority, het bevestig dat die agentskap Qantas toestemming gegee het om weer te begin vlieg.

Qantas sal teen Maandagmiddag weer met vlugte begin. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Alan Joyce, het gesê die lugredery sy skedule sal teen Dinsdag weer na normaal terugkeer.

Tienduisende mense van oor die wêreld heen is deur die drie dae se vlugkansellasies geraak en Qantas-passasiers het by lughawens in Australië en Los Angeles saamgedrom in die hoop om uiteindelik by hul bestemmings uit te kom.

‘n Beslissing deur ‘n arbitrasiehof het Sondag weke se stakings tot ‘n einde gebring.

Die hofbeslissing was ‘n reuse-oorwinning in die lugredery se twis met vakbonde wat vlieëniers, werktuigkundiges, bagasiehanteerders en spyseniers verteenwoordig het.

Die stakings deur die werkers het daartoe gelei dat 600 vlugte in onlangse maande gekanselleer is. Sowat 70 000 passasiers is geraak en dit het Qantas Aus$70 miljoen (sowat R580 miljoen) uit die sak gejaag.

Nietemin meen talle kenners in die lugvaartbedryf dat die skielike kansellasie van al 108 vliegtuie Saterdag, teen ‘n koste van $20 miljoen ‘n dag, wêreldwyd groot skade aan die Australiese lugredery se reputasie aangerig het.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AP

Lees meer oor: qantas  |  reis  |  vlieg  |  lugrederye

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.