Qantas-kansellasies kan SAA raak
2011-10-30 11:15
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) kan geraak word deur die Australiese lugredery Qantas wat alle vlugte tot verdere kennisgewing weens nywerheidsaksie gekanselleer het, het die Sunday Times Sondag berig.
SAA bied drie vlugte ‘n week na Sydney wat deur Qantas bestuur word.
SAA-woordvoerder Dileseng Koetle het aan die koerant gesê dat nie alle vlugte geraak sal word nie en dat SAA sal aanhou om die situasie te monitor.
Vlugte na Perth sal voortgaan, maar verdere vlugte binne Australië sal waarskynlik geraak word, het die koerant berig.
Qantas het in ‘n verklaring op sy webwerf gesê hy sal mense wie se vlugte deur die nywerheidsaksie geraak is se geld ten volle terugbetaal.
Acsa se woordvoerder, Solomon Makgale, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA