Protea-groep wil sukkelhotelle oorneem
2011-07-11 14:23
Kaapstad – Protea Hotels, die grootste hotelgroep in Afrika, het die afgelope ses maande 'n "multimiljoen randse" fonds gestig om hotelle in Suid-Afrika wat in finansiële moeilikheid is, oor te neem.
Die hotelgroep se uitvoerende direkteur, Arthur Gillis, het gesê daar is geleenthede in Afrika en dat hulle na verskeie eiendomme kyk.
Hy het gesê baie hotelle is tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gebou deur beleggers wat geen hotelbestuur-ondervinding het nie.
Hotelbesetting in Suid Afrika het in Mei tot 50,5% gedaal van 53% verlede jaar.
Protea Hotels het gesê hulle sal sowat 20 hotelle wat onderpresteer oorneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG