Projek kom in dorp waar Madiba gearresteer was
2011-08-03 11:26
Kaapstad – 'n Multimiljardrand-ontwikkeling sal binnekort in Howick begin word waar oud-president Nelson Mandela 49 jaar gelede in hegtenis geneem is, het RSG Woensdag berig.
'n Woordvoerder van Koöperatiewe Regering in KwaZulu-Natal, Vernon Mchunu, het gesê die ontwikkeling sal 'n museum, teater en amfiteater insluit.
Die projek sal Vrydag bekendgestel word tydens die herdenking van Mandela se inhegtenisneming in 1962 buite Howick op die hoofpad na Johannesburg.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG