Polisie: Vermy OTM-drama in feesseisoen só
2010-11-15 15:20
Durban – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n lys veiligheidswenke vir OTM-gebruikers vrygestel.
Owerhede hoop om sodoende vakansiegangers tydens die feesseisoen te help om misdaad tydens OTM-transaksies te verhoed.
Kol. Vincent Mdunge het Maandag gesê vakansiegangers moet OTM’s gebruik waarmee hulle vertroud is en masjiene in goed beligte areas kies.
Hy sê ook mense moenie OTM-transaksies doen met baie inkopies by hulle nie.
“’n Mens kan nie tegelykertyd ‘n banktransaksie doen en op mense rondom jou fokus nie,” het Mdunge gesê.
Hy het verder gewaarsku teen vreemde toestelle wat op of naby OTM’s geplaas word.
Volgens die polisiebeampte kan dié toestelle dalk elektroniese toerusting wees wat gebruik word om bankkaarte te skandeer of geheime nommers te lees.
Volg Nuus24 op Twitter.