Dié honde nou van vliegtuie verban
2011-10-11 13:11
Kaapstad – Sekere Amerikaanse lugrederye het begin om bulhonde, mopshonde (pugs) en ander kortskedel-honde van hul vliegtuie te verban as gevolg van gesondheidsrisiko’s, het The New York Times berig.
Dié honde sukkel om asem te haal as gevolg van hul kort neuse en hul asemhalingsprobleme word vererger wanneer hulle teen ‘n hoë hoogte vlieg, waar temperature ook tussen baie koud en baie warm.
Die departement van landbou in die VSA het gesê 189 diere is tussen 2005 en Junie 2011 op vlugte dood, berig The New York Times.
“Uit daardie diere was 98 – meer as die helfte – kortskedel-diere.”
Die gevolg is dat Delta Airlines hierdie soort honde van hul vlugte verban het.
Ander lugrederye, soos American Airlines, Continental Airlines en United Airlines, het beperkings ingestel oor wanneer die honde mag vlieg.
– Huffington Post
– Volg Nuus24 op Twitter