Peru beplan nou hoogste Christusbeeld

2011-06-14 13:55
Tweets Share Share line Print

Peru – Die president van Peru, Alan Garcia, se planne om die wêreld se hoogste Christusbeeld in Lima te bou het plaaslike inwoners warm onder die kraag omdat hulle bekommerd is dit sal die stad se profiel verander.

Garcia, wat aan verslaggewers gesê het dat hy persoonlik $37 000 (sowat R250 000) geskenk het om die projek te finansier, het gesê die 37 meter hoë standbeeld is ‘n “persoonlike droom”.

“Hierdie standbeeld kan Peru seën en Lima beskerm,” het hy oor die projek gesê. Dit word ook deur Brasiliaanse maatskappye befonds.

Susana Villaran, die burgemeester van Lima, het haar ontsteltenis uitgespreek oor die ligging van die beeld op ‘n heuwel wat afkyk oor Lima se baai, wat 20 km langs die westelike deel van die stad strek.

“Ek respekteer president Garcia en ek is ‘n gelowige. Maar daar is so iets soos die integriteit van die landskap van Lima se baai,” het sy gesê en bygevoeg dat die president voor die tyd met plaaslike amptenare moes gesels het oor die planne.

Die standbeeld se voorgestelde ligging op die Morro Solar-heuwel meng ook in met ‘n ander historiese gebied, het die historikus en argeoloog Guillermo Lumbreras gesê.

Die Morro Solar ondergaan al vir jare ‘n reeks projekte  as ‘n geskiedkundige park... Die heuwel word gesien as ‘n plek waar daar ‘n geveg was in die oorlog teen Chili en dit moet so bly,” het hy gesê.

Villaren het gesê sy beplan om met Garcia te gesels sodat daar na ander plekke gekyk kan word om die Christusbeeld op te rig.

Die standbeeld, wat op 29 Junie ingehuldig sal word, sal na verwagting die 36 meter Christusbeeld in Swiebodzin, Pole, wat verlede jaar November voltooi is en tans die hoogste beeld van sy soort is, in hoogte verbysteek.

Die mees gewilde Christusbeeld is steeds in Rio de Janeiro.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- AFP

Lees meer oor: peru  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.