Paniekknoppies vir hotelwerkers
2012-02-09 09:07
New York – Ná ’n hotelskoonmaker se bewerings dat sy seksueel aangerand is deur die gewese hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Dominique Strauss-Kahn, het hotelle in dié stad ingestem om hul skoonmakers van paniekknoppies te voorsien.
Die paniekknoppies is onder verskeie punte in ’n kontrakvoorstel wat by die stad se hotelvakbond voorgelê is. Dit sal na verwagting volgende week goedgekeur word. Werkgewers sal paniekknoppies aan enige werker moet gee wat by ’n besette gastekamer moet ingaan.
“Dis ongelukkig, maar daar is tye wanneer gaste hulle onvanpas gedra. Dit sal ons lede sterk beskerming bied,” het John Turchiano, woordvoerder van die New York Hotel Trades Council, ’n vakbond wat meer as 30 000 hotelwerkers verteenwoordig, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters