Pandas kan Edinburg se toerisme hupstoot gee
2011-12-06 13:53
Edinburg – Die reuse-pandas Tian Tian en Yang Guang, wat Sondag in Skotland aangekom het, is die eerste pandas wat in 17 jaar in Brittanje gaan woon.
Hulle sal na verwagting ‘n groot trekpleister vir toeriste in Edenburg wees, het die Daily Mail berig.
Die agtjarige pandas, wie se name in Engels “Sweetie” en “Sunshine” is, is van die Chinese provinsie Sichuan na Skotland gevlieg op ‘n spesiale vlug van FedEx, wat die “Panda Express” genoem is.
Hulle sal vir 10 jaar in Brittanje bly in die hoop dat hulle sal aanteel, het die Associated Press berig.
Volgens Reuters is die twee deur sowat 450 mense met Chinese en Skotse vlae by die Edinburg-dieretuin verwelkom.
Die Royal Zoological Society of Scotland sal na die pandas omsien terwyl hulle in die land is.
– Lees meer by Huffington Post
– Volg Nuus24 op Twitter