Pak eerder kondome as pille
2010-02-25 12:01
Kaapstad - Wêreldreisigers is geneig om siek te word, maar ‘n onlangse studie het getoon dat mans en vrouens oor die algemeen verskillende kwale op die pad optel, berig IOL.
Vrouens is blykbaar meer geneig tot maagaandoenings, terwyl mans makliker koors ontwikkel of seksueel oordraagbare siektes optel.
Die Universiteit van Zurich het ‘n studie op omtrent 59 000 wêreldreisigers gedoen en gevind dat vrouens meer gereeld aan diarree of ander maagaandoenings ly.
Hulle kry ook meer verkoues en blaasontsteking en ervaar meer die newe-effekte van sekere medikasie, veral malariapille.
Meer mans ontvang egter meer behandeling vir vriesbrand, hoogtesiekte en seksueel oordraagbare siektes.
Kliek hier vir die volledige storie.