Paaie na Tafelberg en Seinheuwel snags gesluit
2011-10-19 16:32
Kaapstad – Die pad langs Tafelberg en die pad wat na Seinheuwel lei word nou van 22:00 – 05:00 gesluit in ‘n poging om te voorkom dat meer misdade op hierdie pragtige roetes voorkom.
Slegs geakkrediteerde toeroperateurs en mense wat ‘n nagpermit bekom het sal toegelaat word om tydens hierdie ure met voertuie op die paaie te ry.
Henry du Plessis, die stad se direkteur van paaie en stormwater, het Dinsdag aangekondig dat die stad besluit het om die paaie te sluit.
Die Tafelberg-pad, wat net ná die Kloofnek-parkeerarea begin en Seinheuwel-rylaan, van ná die hoofroete wat oplei tot by Leeukop, sal fisies tussen hierdie tye afgesper word.
“Dit is ‘n munisipale pad so hulle (SANParke) kan dit nie sluit nie. Die stad sluit die paaie as gevolg van die veiligheidskwessie,” het Du Plessis gesê.
–Lees verder by iol
– Volg Nuus24 op Twitter