Opname: Vandag se jonges reis meer
2011-08-25 14:53
Kaapstad – In die vroeër jare was mense tevrede met ‘n week se vakansie in Knysna of Durban.
Deesdae mik jongmense eerder na bestemmings soos Bali of Barcelona.
‘n Opname oor reisgewoontes het getoon hoe baie ons horisonne in die afgelope paar dekades verbreed het.
Die opname het aan 600 Britse ouers gevra waar hulle op vakansie gegaan het toe hulle jonk was en waar hul eie kinders nou vir vakansie gaan.
Meer as 76% van die mense oor die ouderdom van 65 het Brittanje nie voor hul 16de verjaarsdag verlaat nie.
Byna 80% van diegene wat tussen die ouderdomme van 18 en 24 is, die sogenaamde Generasie Y, het reeds voor hul 16de verjaarsdag oorsee gereis.
Vyftig persent van die ouers van Generasie Y,wat tussen die ouderdomme van 45 en 54 is, het nie as kinders oorsee gereis nie.
Die opname deur die Britse poskantoor het gevind dat kinders op gemiddeld al vier keer oorsee was.
Vir heelwat Britse jongmense is ‘n oorsese vakansie nie ‘n jaarlikse instelling nie, maar iets wat jaarliks verskeie kere gebeur.
Die gewildste bestemming was Europa, maar talle het na meer eksotiese bestemmings soos Afrika en Sentraal-Amerika gereis.
– iol / Mail Online
– Volg Nuus24 op Twitter