Opname: Al hoe meer mense reis met troeteldiere
2011-06-29 14:34
Kaapstad – Al hoe meer mense kies om hul troeteldiere saam met hulle op vakansie te neem, het ‘n onlangse opname deur PetRelocation.com getoon.
Dié internasionale troeteldier-reis diensverskaffer het ‘n opname onder meer as 10 000 troeteldier-eienaars wêreldwyd gedoen en het gevind dat 60% van hulle verlede jaar met hul troeteldiere gereis het.
Hierdie nuwe neiging blyk om die moeite werd te wees vir die toerismebedryf om te ondersoek, met byna 30% van mense wat aangedui het dat hulle $1 000 (R6 938) or meer elke jaar spandeer op produkte en dienste vir hul troeteldiere se reis.
In 2010 in die VSA alleen het mense $47,4 miljard (RR329 miljard) op hul diere spandeer, waarvan ‘n groot gedeelte verband hou met ontspanningsaktiwiteite soos lekker verblyf en om die diere te bederf, het die American Pet Products Association aangedui.
Die meerderheid van troeteldier-eienaars (78%) sê hulle kies ‘n hotel op grond daarvan of dit vriendelik is, maar hulle meen ook dat daar nie die beste verskeidenheid van troeteldier-vriendelike hotelle is nie.
Suid-Afrika het dié neiging begin optel met ‘n duidelike toename in vakansiegangers wat met hul troeteldiere reis, volgens Sharyn Spicer, die skepper van www.petriendly.co.za, ‘n webwerf waar troeteldier-vriendelike restaurante en akkommodasie gelys word.
Die hoeveelheid troeteldier-vriendelike instellings het ook merkwaardig toegeneem.
“Ons het begin met 104 plekke in 2003 en nou het ons al meer as 400,” het Spicer gesê.
– Lees meer by Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter