Oorgewig passasiers betaal meer
2010-01-21 17:16
Kaapstad - Oorgewig passasiers wat nie in 'n standaard-grootte vliegtuigsitplek kan pas nie, sal dubbel moet betaal as hulle met Air France wil vlieg.
Indien hulle nie betaal nie, sal hulle "om veiligheidsonthalwe" nie op die vliegtuig toegelaat word nie, het die lugredery bekendgemaak.
'n Woordvoerder vir Air France, Monique Matze, het gesê die lugredery "moet seker maak die rugleuning kan vrylik op en af beweeg en dat alle passasiers se veiligheidsgordels ordentlik kan vasmaak."
Die lugredery moes R60 000 in skadevergoeding betaal in 2007 toe personeel in New Delhi die omtrek van 'n 43-jarige passasier se maag gemeet het, en hom gevra het om twee sitplekke te koop.
Lees meer by Sky News