Ontspan, trek uit vir 'n 'naakansie'

2011-08-18 10:27
Tweets Share Share line Print

Kaapstad –  Ongeveer ‘n driekwart eeu nadat ‘n koninklike naak swemuitstappie dit in ‘n nudiste-bestemming verander het, mik Kandarola in Kroasië om meer van die wêreld se nudiste vakansiegangers te lok.

“By Kandarola kan nudiste hul eie stukkie paradys vind, met ‘n rustigheid en ‘n bietjie ruimte net vir hulself, sonder om gehinder te word,” het Nedjeljko Mikelic, hoof van die toeristeraad op die noordelike eiland Rab, aan AFP gesê.

Die Kandarola-rots-en-klipstrand op die Kroatiese eiland van Rab is waar Brittanje se koning Edward VIII en sy toekomstige vrou, die Amerikaanse sosiale vlinder Wallis Simpson, in 1936 naak geswem het.

Nudiste besoek Rab al sedert die begin van die 20ste eeu, maar die koninklike paartjie se bekende swemuitstappie het die eiland amptelik internasionaal gewild gemaak as ‘n nudiste-oord.

Plaaslike toerisme-beamptes voel nou dat hulle meer kan doen om geld te maak uit minder hoë-profiel, maar meer gereelde nudiste vakansiegangers.

Europa se eerste kommersiële nudiste-oord was die Koversada-kamp, wat 50 jaar gelede in die noordwestelike Istria -skiereiland oopgemaak het toe Kroasië nog deel van Joego-Slawië was.

Koversada was oorspronklik ‘n klein eiland met digte bome en versteekte nudiste-strande.

Vandag is dit ‘n nudiste-kompleks en besoekers kan 24/7 is hul Adamsgewaad rond baljaar en aan verskeie aktiwiteite deelneem.

“Naturisme beteken vryheid. Ons is heeltemal ontspanne in hierdie wonderlike, vreedsame plek,” het Katalin Reigl, 63-jarige dokter van Hongarye, wat die eiland al vir drie dekades besoek, gesê.

Die kamp strek oor 120 hektaar en het vyf kilometer se strande.

Meeste mense loop in hul geboortepakkies rond, maar hulle word versoek om klere aan te trek wanneer hulle winkels of restaurante besoek.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- AFP

Lees meer oor: reis  |  nudiste  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.