Ongewone kroeë
2010-12-03 17:43
‘n Bier is ‘n bier reg? Maar wat verander is waar jy drink. Deesdae is die kompetisie onder kroeë baie sterk omdat elkeen uniek wil wees.
Hier is ‘n lys met die mees eienaardigste kroeë:
1. The Clinic in Singapoer
Die kroeg se tema is ‘hospitaal’. En dit lyk presies soos een. Met gordyne wat hospitaalbeddens van mekaar skei, rolstoele en mediese toerusting.

2. Die Rooi See ster
Dit is die wêreld se heel eerste onderwater-kroeg en is een van die wonders van die onderwater wêreld en word in die Rooi See aangetref. Die kroeg se dekor is presies volgens 'n see-tema gedoen.

3. Lagoon kroeg, Ysland
Hier kan jy werklik die spa en kroeg ondervinding kombineer. Terwyl jy in die natuurlike warm water van die Blue Lagoon ontspan, kan jy jou gunsteling drankie van die kroeg bestel.

Vir die volledige storie besoek GoTravel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.