Ondergrondse park vir NY beplan
2011-09-20 12:25
New York – Drie entrepreneurs in New York het hul planne bekend gemaak vir ‘n ondergrondse park in dié stad van byna 8 100 vierkante meter.
Die eerste "hoë park" in New York is in 2009 oopgemaak.
Die park, wat bekend staan as High Line, is ontwikkel uit ‘n gebied waar ‘n spoorlyn is wat in die 1930’s gebruik was en nou in onbruik staan. Dit is 10 meter bo die straatvlak.
Die loopgang strek oor 1,6 km en oor drie woonbuurte.
Nietemin is grond vir openbare parke in Manhattan skaars en mense kom net met meer obskure idees vorendag.
Dié drie entrepreneurs beplan om twee akker “groen spasie” onder die stad se strate uit te myn.
Hulle plan is om ‘n trollie-terminaal wat al vir ses dekades in onbruik is in ‘n ondergrondse park te omskep wat die Delancey Underground genoem sal word.
– Lees meer by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter