Onbereikbare klowe plekke van avontuur

2011-04-12 10:00
Tweets Share Share line Print

Die pas teen die rivier af is heel rustig, maar dit is belangrik dat jy matig fiks is. Dit is ’n staptog van so 45 minute na die rivier, en ’n mens moet by ’n steil paadjie af. Foto:CLIFFORD ROBERTS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burger

’n Gat in die bos het ons groepie avonturiers ons eerste blik op ons eindbestemming gegee.

Ons het wel slegs ’n halfuur tot hier gestap, maar ek voel klaar die sweet in die warm jeukerigheid tussen duikpak en vel afgly. Ek is bly vir dié blaaskansie op die rand van die koppie.

Teen hierdie tyd hoor ons dit reeds – die borrelende geraas van water wat ons deur die kloof na die see sal dra.

Die werkwoord “kloof” is die moderne naam vir wat avonturiers al eeue lank doen in hul soeke na nuwe lande, skatte en glorie.

Etlikes is dood omdat hulle die gevare van onbekende waters onderskat het. Nietemin is dit dieselfde drang vir avontuur wat kloofing gewild hou; deesdae met heelwat minder gevaar danksy ’n gesonde bedryf bestaande uit opgeleide kloof- en riviergids-maatskappye.

Die kombinasie van ruie kuswoude en berge is maar een van die vele redes waarom die land se Tuinroete buitelug-adrenalien-soekers aantrek – of jy nou op ’n binneband sit en rivieraf dryf of swem en afstap, soos ek onderneem het om te doen deur die klowe van die Kaaimansrivier in Wildernis.

’n Paar uur tevore, toe ek ons bebaarde gids, Steve Seilor, ontmoet het, was hy maar net nog ’n gesig, nog ’n man.
Nou, vlugvoetig op die bergpaadjie in sy duikpak met die waterdigte rugsakkie styf teen sy lyf, lyk hy meer na die ervare kenner.

In ons groep was ’n paar mediese studente van Australië, ’n jong Duitse toeris en ’n Suid-Afrikaner wat nou in Wallis woon, maar klaarblyklik terugverlang.

Ons sak vinnig in die vallei af. Lig sif deur die bome, en aan die oorkantste wal lyk die digte bos soos broccoli-koppe.
Skielik was ons in vol son, onder by die stroom. Daar is geen teken van beskawing nie – geen plaashuise op verafgeleë heuwels of kragdrade is sigbaar nie.

Daar is net ’n dun strepie gras tussen die steiltes, die grys rotse en slangagtige, bruin rivier. Steve klouter vinnig op ’n groterige rots in die middel van die stroom en maak seker die rugsak is styf toe. Vir die res van ons is dit rits toe en gordel vas!
Min reën in die Outeniekwaberge, waaruit hierdie rivier gevoed word, beteken daar is min water in die kloof. Ons vooruitsig is dus heelwat stap tussen die swembare poele en strome, verduidelik Steve in die veiligheidspraatjie.

Daar is geen nedersettings naby die rivier waar ons begin nie – die water is skoon genoeg om te drink. “Wees versigtig,” maan hy voordat hy tot heuphoogte in die water glip.

“Glipperige klippe kan enkelbeserings veroorsaak. Help mekaar en geniet dit.”

Een vir een en voel-voel volg ons hom die donker water in. Koue straaltjies water vind hul weg by my duikpak in. My gewig verdwyn terwyl die pak en veiligheidsgordel my stadig op my rug laat rol.

Ons dryf ’n paar minute soos lui robbe, loer na mekaar, voordat elkeen sy gemaklikste swemstyl vind en ons stroomaf begin beweeg.

Kop agteroor in die water, met ore toe, hoor ek net die klanke van my asemhaling. Bokant my, binne die raam van die hoë sandsteen kloof met die oorhang-silhoeëtte van boomtakke, dryf vlokkies rivierskuim deur die lug.

Die klowe hier is miljoene jare oud; geskep namate die see van die Outeniekwaberge teruggetrek het.

Minute later is ons by ons eerste springgeleentheid. Dit is nie verpligtend en daar is geen druk nie – sommige besluit hulle kyk eerder. Ek is een van dié wat nie genoeg daarvan kan kry nie om die aarde ’n paar sekondes agter te laat voordat my lyf met ’n slag onder die water verdwyn.

Daar is ’n paar sulke geleenthede op ons pad en heelwat geleentheid vir gesels. Steve vertel van die plante en diere, en staaltjies soos die hippies wat hulle eenmaal kaal in die rivier betrap het.

Net ná middagete kom ons by die eerste groot vakansiehuis langs die rivier. Die avontuur is amper verby. Ons lywe is energieloos, maar ons harte is vol. By die brug waar die N2 van George die rivier oorsteek, klim ons uit om die minibus wat ons huis toe sal bring, in te wag.

Terwyl ons wegry, hou ek die verdwynende rivier deur die agterruit dop en is ek stilletjies dankbaar vir nog ’n ongelooflike wildernis-herontdekking.

- Die Burger

Lees meer oor: reis  |  natuur

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.