Nuwe roete moet toeriste na minder bekende dele lok

2011-09-29 14:59
Tweets Share Share line Print

Mbabane – KwaZulu-Natal, Swaziland en Mosambiek wil nuwe asem in ‘n roete blaas wat daarop gemik is om toerisme in die drie onderskeie lande ‘n hupstootjie te gee.

Die East3Route-inisiatief, wat onlangs in Johannesburg bekendgestel is, is ‘n roete wat toeriste ‘n smakie gee van die onderskeie kulture in dié drie gebiede.

Michael Mabuyakhulu, KwaZulu-Natal se LUR vir toerisme, sê die roete sal ‘n groot toerisme-aantreklikheid in die streek word.

“Ons wil ‘n groter hoeveelheid toeriste na hierdie deel van Suider-Afrika lok. Ons wil hierdie inisiatief koördineer om te verseker dat dit toerisme-aktiwiteit verhoog,” het Mabuyakhulu gesê.

Die East3Route sal die fokus op die kus langs die Indiese Oseaan, noord van Durban plaas – ‘n deel van Suid-Afrika wat min besoekers lok.

Dit is ook daarop gemik om besoekers te lok na die oostelike laeveld van Swaziland en die suide van Mosambiek.

Die grootste deel van die roete was vir dekades buite perke as gevolg van Mosambiek se burgeroorlog en die opbou van die land ná die oorlog.

“Dit is ‘n dialoog van kultuur. Die roete is nog altyd daar, maar nou doen ons dit met besigheid in gedagte,” het Swaziland se minister van toerisme en omgewingsake, Macford Sibandza, gesê.

‘n Afvaardiging van amptenare uit die drie lande sal die roete op 24 Oktober uittoets.

Aktiwiteite op die roete sluit onder andere in die proe van tradisionele kosse van Suid-Afrika, Swaziland en Mosambiek.

BuaNews

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lees meer oor: swaziland  |  mosambiek  |  reis  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.