Nuwe lys wys gewildste Hollywood-fliekhotelle
2010-03-05 10:46
Kaapstad - ‘n Oscar sal jou dalk ontwyk, maar jy kan speel jy is ‘n superster as jy in een van dié hotelle gaan bly, waar talle Hollywood-treffers geskiet is, berig Gotravel24.
Die reisblad TripAdvisor het 'n lys van tien hotelle gepubliseer waar bekende flieks gemaak is.
Jy kan onder andere na die Beverley Wilshire, Beverly Hills, gaan en jou verbeel jy is Julia Roberts in Pretty Woman of ‘n komieklike polisieman in Beverly Hills Cop.
Lus vir ‘n tikkie romanse? Besoek dan die Mountain Lake Hotel in Pembroke, Virginia, en probeer een van die werkers met ‘n bietjie Dirty Dancing verlei.
Kliek hier vir die volle lys.